Fifi en Kie red die Vleilande

 

Op 2 Februarie vier ons World Wetlands Day, die bewaring van ons vleilande. Die tema vir hierdie jaar is: Wetlands for Disaster Risk Reduction.

Fifi die Vleipadda en Pollie Palmiet het weer die Overberg plat gery om maats tot in Riversdal te gaan vertel wat ’n vleiland is en hoekom ons mooi daarna moet kyk.

Vir die groter maters, moeders en vaders wat dalk nie weet wat dit is nie, kom ons vertel julle ook meer:

Vleilande is waardevol vir die ekosisteem, omdat dit water kwaliteit en kwantiteit beïnvloed. Met droogtes en vloede wat ons land toenemend bedreig, raak dit al hoe belangriker om ons vleilande mooi op te pas.

Die ontstellende nuus is dat 71% van vleilande in die Wes-Kaap bedreig word! Faktore wat hiervoor verantwoordelik is, is:
erosie
uitheemse plante
besoedeling
onverskillige ontwikkeling
oorbeweiding, en
vure

 

Die Wes-Kaapse minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Mnr. Johan Bredell, sê:

“It is going to take innovation and hard work by the generations living on our planet today to make sure there is a sustainable future for the generations that will follow us. We need to start doing the right things now.”

img_0185

Professor Doedels leer die maters hoe sake staan

Vir baie behulpsame informasie, en raad hoe om die vleilande in jou omgewing te help bewaar, besoek: http://www.capenature.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Wetlands.pdf

Bronne:
capenature.co.za
Hermanus vleiland-foto: mongabay.com, Rhett A. Butler

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s