Om ‘n prys te wen

Die Fleur du Cap Teaterpryse is gisteraand uitgedeel. Ons was seker nie die enigste teatermakers wat heimlik gewonder het of daar nie tog ‘n moontliheid is nie…

Ydelheid! Hoekom wil mens pryse hê vir die werk wat jy doen? Wie is in elk geval belangrik genoeg om te besluit of jou werk ‘n toekenning waardig is?

O, maar jy weet mos waaroor dit gaan. Ons ou sterflinge se ewige eksistensiële probleempie: erkenning. Erken my; indien nie vir wie ek is nie, dan ten minste vir wat ek doen. As iemand anders beaam het dat ek die moeite werd is, glo ek dit ook makliker. Ons wil tog almal “van geweet wees,” man!

So sit ek hier en wonder hoe binne my bereik so ‘n prysie dan nou is. Ek skuif my begeerte na die eenkant toe, en sit my oeuvre een-een op die weegskaal. Die outjies is nie gans en al lig in die broek nie, maar ek weet met my weter: hier is nog baie lood in my potlood. Baie planne wat geslyp kan word om ‘n prys te verdien.

En daar het jy dit! Verdien. Dit is maar hoe dit is, né.

Veels geluk aan een en elk. Meneer Marthinus, salut!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s